Dit behoort genoeg te wees vir 6, maar mik eerder vir 4 – dis groter bederf.
Een van die redes waarom ek so mal is oor kook, is die ongelooflike reise na verre eksotiese plekke wat ek sommerso by my stoof beleef. Hierdie slaai het die malse kleure van see, son en eilandgenot,
Ons gesels dik stukke so oor die mengbakke en tussen die warm oonde in my klein kombuisie vasgevang. Veral noudat Jason, die nuwe baas van The Stud Bar, Maswazi se potensiaal raakgesien en hom assistent-sjef gemaak het. Sulke gemeenskaplike sjef-tot-sjef geselsies. Hy vertel my al die stories van die kombuis daar.
Vir enigeen wat ‘n passie vir kos en kook het, is hierdie paradys-tyd. Honderde kos-tydskrifte, kookboeke, die internet met sy bloggers en blaaie en ‘n hele klompie TV-kanale wat uitsluitlik daarop gemik is om hierdie honger te voed.
Wanneer ek aan ertjiesop dink, onthou ek laatnagte kuier van my jongdae. Sommer heelnag deur. En dan, in die vroeë oggendure, as die hongerpyne begin knaag, was die lekkerste lekker daai bakkie ertjiesop by die deurnag-kuierplek in Langstraat.
Ná rolprente soos Babe en Charlotte’s Web sê ek elke keer ‘n stille gebedjie op wanneer ek met varkvleis werk.
My ma hou van ‘n stukkie growwe beskuit in die oggend. Dan hoef sy nie tot ontbyt te wag om haar pille weg te sluk nie. Wanneer sy by haar huis is, koop sy sommer ‘n pakkie by die tuisnywerheid. Maar wanneer sy hier by my kom kuier, sorg ek dat ek ‘n baksel van haar gunsteling in die oond het.
Ek het nie met varkvleis grootgeword nie. My ma het dit nooit vir ons voorgesit nie, behalwe miskien vir so ‘n verdwaalde varkworsie af en toe. En spek, natuurlik.
In my oupa se huis op Prins Albert is die driegangmiddagmaal, elke dag, met die slag van die koperghong aangekondig. Die tafel was altyd gedek. ‘n Gestyselde wit tafeldoek onder ‘n deursigtige plastiekkleedjie met die mooiste patrone waaraan ek my kleintyd kon verstom. Die gestyfde wit servette het soos soldate op aandag gestaan.