Kombuiswenke

NOODHULP VIR BAK

Wanneer ‘n mens heeldag in die kombuis werk, leer jy maar op die tref-en-trap manier. En jy hou jou oë en ore oop vir die wyshede van ander. Jy versamel miljuisende wenke sonder dat jy eens bewus is daarvan.

Vir my is die heel handigste wenke dié wat jou help wanneer jy in die middel van ‘n bak- of kooksessie is, jou koskas oopmaak en besef jy het nie een van die allerbelangrikste bestanddele nie.

Ek deel ‘n paar:

  1. Vir 1 teelepel bakpoeier — ¼ teelepel koeksoda, ½ teelepel kremetart en ¼ teelepel mielieblom

  2. Vir 1 koppie bruismeel – 1 koppie koekmeelblom, 1½ teelepel bakpoeier en ¼ teelepel sout

  3. Vir 1 koppie “Corn syrup” (die Amerikaanse koekieresepte wemel hiervan) – 1 koppie gouestroop

  4. Vir 1 koppie molasse – ¾ koppie sagte bruinsuiker verhit saam met ¼ koppie water totdat die suiker heeltemal opgelos het.

 

ShareShare on FacebookTweet about this on TwitterShare on Google+