Suiwer betowering

In my Toorkombuis ervaar ek elke dag die betowering van die kospotte – ‘n knippie hiervan en ‘n knippie daarvan en ek word weggevoer op ‘n towertapyt van geur. Maar ek laat niks aan die toeval oor nie – dis so maklik om afgestomp te raak en nie die wonders om jou raak te sien en te ervaar nie.

Elke oggend, met die opstaanslag, maal ek koffiebone vir my moka. Terwyl ek wag dat die gasvlam my oggendbederf gereed kry vir die skinkslag, gebruik ek die einste vlam om sewe kerse aan te steek.

Een is vir my kombuis, die tweede vir my marktafel en die derde een vir my kookboeke, Toor met Hoender en die ander een wat pas na die drukkers is. Nog twee kerse, die vierde en vyfde, om my huis te beskerm, die seëninge binne en die kwaad buite te hou. Die sesde kers is vir my katte –  ter herinnering aan Thomas, Klawer en Cleo wat ek aan die dood afgestaan het. En ook vir die beskerming van kleine Sagrys wat nou met sy pienk snoet en blou ogies in die betowering met my deel. Die sewende kers is vir die mense wat by my tafel kom aansit – vriende, familie en my twee regterhande, Zuki en Maswazi.

Ek laat die kerse presies een-en-twintig (sewe maal drie) minute en een-en-twintig sekondes brand voordat ek die vlammetjies plegtig uitblaas en my moka vul vir die tweede koppie koffie.

Dis nie heksery nie, dis bloot ‘n manier om my te laat fokus en elke dag daaraan te herinner hoe belangrik dit is om die betowering in dinge raak te sien en te ervaar. Dis nie altyd ,maklik nie. Sommige dae het baie meer hulp nodig as ander – dan laat ek die kerse drie keer langer brand. En met elke een-en-twintig minute en 21 twintig sekondes maak ek vir my ‘n vars koppie koffie.

Ander dae, soos gister, is sommer vanself drievoudig geseën. ‘n Betowerende ervaring wat ek vir baie lank nog in my hart sal bewaar . . .

Dit was die feesmaal by die Pierneef à la Motte-restaurant op die bekende wynlandgoed. Die spyskaart was pure erfenis, geïnspireer deur die fynbos van die omgewing en die skepping van Pierneef se eie chef, Michelle Theron, saam met TV-chef Sarah Graham.

Ons het begin met die breek van ‘n broodjie, voorgesit met ‘n gedig, Ode to Bread, van een van my gunstelinge, Pablo Neruda.

Ode to Bread

Bread,you rise from flour,water and fire.
Dense or light, flattened or round, you duplicate the mother’s rounded womb and earth’s twice-yearly swelling.
How simple you are, bread, and how profound!You line up on the baker’s powdered trays like silverware or plates
or pieces of paper and suddenly life washes over you, there’s the joining of seed and fire, and you’re growing, growing all at once like hips, mouths, breasts, mounds of earth, or people’s lives.


The temperature rises, you’re overwhelmed by fullness, the roar of fertility, and suddenly your golden color is fixed.And when your little wombs were seeded, a brown scar laid its burn the length of your two halves’ toasted juncture.Now, whole, you are mankind’s energy,a miracle often admired, the will to live itself.O bread familiar to every mouth, we will not kneel before you: men do no implore unclear gods or obscure angels:
we will make our own bread out of sea and soil, we will plant wheat on our earth and the planets, bread for every mouth, for every person, our daily bread.


Because we plant its seed and grow it not for one man but for all, there will be enough: there will be bread for all the peoples of the earth.And we will also share with one another whatever has the shape and the flavor of bread:
the earth itself, beauty and love–
all taste like bread and have its shape, the germination of wheat.Everything exists to be shared, to be freely given,
to multiply.This is why, bread, if you flee from mankind’s houses, if they hide you away or deny you if the greedy man
pimps for you or the rich man takes you over, if the wheat does not yearn for the furrow and the soil:
then, bread, we will refuse to pray: bread we will refuse to beg. We will fight for you instead, side by side with the others, with everyone who knows hunger.We will go after you in every river and in the air.We will divide the entire earth among ourselves so that you may germinate, and the earth will go forward with us: water, fire, and mankind fighting at our side.Crowned with sheafs of wheat, we will win earth and bread for everyone.Then life itself will have the shape of bread,
deep and simple, immeasurable and pure. Every living thing will have its share of soil and life, and the bread we eat each morning, everyone’s daily bread, will be hallowed and sacred because it will have been won by the longest and costliest
of human struggles.This earthly Victory does not have wings: she wears bread on her shoulders instead.Courageously she soars,
setting the world free, like a bakerborn aloft on the wind

– Pablo Neruda

En was daardie broodbordjie nie ‘n lofgedig nie!  Regte, egte mosbolletjies waarin jy die kelder kan proe, met plaasbotter, kwepersmeer en boegoesout. En die wyn, ter voorbereiding vir die eerste gang, ‘n Pierneef Savignon Blanc 2016 en ‘n 2017.

Die eerste gang, opgemaak uit geure van heuningbos, tamaties op verskillende maniere voorberei en by die gereg ingebring en bokmelkkaas, bedien op roosterkoek. Die roosterkoek met miskien nog ‘n bietjie vuur gekort, maar die res was hemels. Veral daardie pikante tamatiesous . . .

‘n Mens praat so maklik van ‘n smaaksensasie (veral ekke wat dikwels die oortreffende trap so effe misbruik), maar geen ander manier kan die Kaapse seekoskerrie met laventel, lig gerookte mossels en ‘n subtiele piesangblatjang beskryf nie. Die “blaar” op die foto is ‘n kraakbroodjie gemaak van bokwiet en donker gekleur met seekatink en gebak in spesiale vorms. Hierdie hemelse tweede gang is goed gekomplimenteer deur die 2016 La Motte Chardonay wat daarmee saam bedien is.

Vergeef hierdie Karookind, maar ek kan nie anders as om liries voor te borduur op die derde gang nie: Soutige lamsribbetjie en gerafelde lamslies op ’n risotto van waterblommetjies en stampmielies, met ‘n murgbeen en ‘n ryk, robuuste rooiwynsous (hooffoto). En die wyn – ‘n 2015 La Motte Cabernet Sauvignon.

  

Die poeding het my asem weggeslaan. Die geposjeerde sitrusslaai met roosmaryn en soutkaramel is bedien met ‘n blanc mange gemaak van ‘n brandewynmelkbola en daarmee saam ‘n melktert-semi-freddo. Die blaargarnering is ‘n sjabloon van sagte meringue en die meesterlike nagereg is bedien saam ‘n soetetjie, die NV La Motte Straw Wine.

Suiwer betowering!

ShareShare on FacebookTweet about this on TwitterShare on Google+