‘n Vroeë Kersgeskenk .. . Nog ongebind maar klaar gedruk. Die res, die voltooide simfonietjies, is op ‘n boot op pad hierheen van Maleisië af en middel-Januarie pryk hulle op die winkelrakke.
‘n Maandagskind gebore onder die sterreteken Vis — tegelyk ‘n straf én ‘n seën. Want dit beteken dat ek na ‘n leeftyd van eweveel vreugdes en ontnugterings steeds in sprokies glo.