Ek het nog nie baie oor die liewe Sjef Sagrys geskryf nie. Dis eintlik oor ek so ‘n bietjie bang is dat ek soos ‘n betottelde katma almal doodverveel met honderde inskrywings oor die slimste en mooiste kat in die wêreld.
Die tydskrif, Lig, het my gevra om oor my liefde vir kook te skryf vir hul Valentynsuitgawe, Februarie 2015. Hier is my liefdesbrief aan my Toorkombuis.