Eureka Mills se vetkoek-mengsel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek is normaalweg nie baie lief vir kitsmengsels nie, maar Eureka Mills se Vetkoek-mengsel het my hart gesteel. Ek het vandag die heerlikste vetkoeke gebak. Dié mengsel het ek as deel van ‘n geskenkpak by Sjef Mynhardt en Cathedral Cellar present gekry.  Volg net die aanwysings op die pakkie en jy kan nie ‘n fout maak nie.

Toorkombuis gee hierdie mengsel ons Swart Kat-stempel van goedkeuring. Ek sal dit beslis weer gebruik.