Toorkombuis

Proe die betowering
  • Tuis
  • Blog
  • Resepte
  • English
  • winkelrak
  • Karen Hart
  • Kontak
    • Grilled potato & feta salad

      Potato salad is always a favourite. But maybe it is time for a bit of variety and try something new, something so summery and perfect for a picnic or a braai.

      Lees verder →

    • Om die rollie self te swaai

      Ek was jare lank ’n blaar uitgelewer aan die wind – nie ’n gedartel op ’n ligte briesie nie, maar ’n dolle waansindans in die verskriklike suidoos Totdat ek op ’n mooi dag besluit het ek het lank genoeg slagoffer gespeel…

      Dit laat my met ’n glimlag terugdink aan kleintyd toe ek en my broer saam met ons maats cowboys en kroeks op die Karookoppie in ons agterplaas gespeel het. Lekker tye, ja, maar ek moes altyd die meisie wees wat in die bank gewerk het en òf oor die kop geslaan òf ontvoer is deur ’n skarminkel van ’n bakrower.

      Totdat ek op ’n dag my voet neergesit en gesê het: “Aikôna! Ek wil ook ’n rollie swaai en die rowers op hul jis gee.”

      En dis nou presies wat ek met die lewe gedoen het… ek het gekies om nie langer oor die kop geslaan te word nie maar self die rollie te swaai.

      Hierdie Jack Daniels-koek is vir mense wat omdraai en die lewe terugbliksem. Dis nogal ’n groot koek – jy kan maklik sestien mense daarmee voer. Dit was ’n vreeslike gespot onder die werksmense toe ek dit die eerste keer kantoor toe geneem het en die koek staan nou amptelik bekend as Karen’s PC Hip Flask. Nie dat ek sê jy het ’n heupflessie nodig om die lewe aan te vat nie – dis net een van daai koeke wat tong uitsteek vir die lewe.

      Want Jack is beslis nie ’n skaam outjie nie en met dié koek weet jy beslis hy is daar! Maar dis ’n ongelooflike smaak en die een bestanddeel vul die ander aan. Jack Daniels is ’n bourbon-tipe whiskey en is beter geskik vir bak as gewone whiskey. Dis bietjie duur, maar vir spesiale geleenthede kan jy maar so ’n bietjie oë toeknyp.

      Lees verder →

    • Jack se koek

      Moenie hierdie koek sommerso afskryf as doodgewoon nie. Die heerlike kombinasie van bourbon whisky, donkersjokolade en neute skep saam ‘n onvergeetlike smaaksensasie. Die bestanddele is ‘n bietjie aan die duur kant, maar dit maak enige geleentheid net soveel meer spesiaal.

      Lees verder →

    • Maaskaas-“koek” met tamatie salsa

      Dit is altyd lekker om ’n geheime resep te hê waarmee jy jou mense kan verras en hulle met nuwe oë na jou te laat kyk. En die lekkerte van hierdie resep is dat dit eintlik so eenvoudig en so maklik is! Koop net ’n lekker brood by ’n goeie bakkery of bak jou eie om daarmee saam te bedien.

      Genoeg vir 4

      Jy het nodig

      Vir die maaskaas-“koek”

      2½ koppies gladde maaskaas
      2 teelepels vars gekapte roosmaryn
      13 calamata olywe, ontpit en gekap
      2 eetlepels gerasperde parmesaankaas
      1 eier

      Vir die tamatie salsa

      2 ryprooi tamaties, geskil en gekap
      ½ rooiui, fyngekap
      7 groot basiliekruidblare, fyn gesnipper
      ’n handvol platblaarpietersielie, fyngekap
      1 teelepel balsamiese asyn
      2 eetlepels eerste pers olyfolie
      Sout en varsgemaalde swartpeper

      Só maak mens

      Klits die maaskaas in ’n groterige mengbak totdat dit gladder en meer hanteerbaar is. Voeg die roosmaryn, olywe, parmesaan en eier by en meng goed. Smeer ’n 20 cm losboom koekpan en voer met bakpapier. Plaas die koekpan op ’n bakplaat (jy wil nie die kaasmengsel in die oond laat drup nie). Skep die mengsel in die koekpan. Bak vir 35 – 40 minute in ’n voorverhitte oond van 180˚C of totdat dit ferm en ’n effense liggoud kleur het. Laat heeltemal afkoel.

      Vir die salsa: Meng die gekapte tamaties in ’n mengbak saam met die ui, basiliekruid en platblaarpietersielie. Meng die asyn en olie in ’n klen bakkie en giet oor die tamatiemengsel. Plaas die “koek” op ’n koekbord en skep die salsa bo-op. Geur met sout en peper na smaak. Of jy kan die salsa eenkant in ’n bakkie bedien en afsonderlik op elk porsie skep. Sodoende sal die “koek” nie sopperig word as julle nie alles in een sitting kan opeet nie en dit vir later vir hou.

      Lees verder →

    • Kruie-en-groente-hoenderskotteltjie

      Die Franse noem dit poule au pot en dit het alles begin by die goeie koning Hendrik die Vierde. Hy het bepaal dat al sy onderdane ten minste een keer ’n week – verkieslik Sondae — ’n pot hoender en groente op die stoof moet hê.

      Lees verder →

    • ’n Slaai wat sin maak

      Vir hierdie Karookind moet ’n slaai werlik verleidelik wees om my van die vleispotte weg te lok. En vir my eie tafel maak ek selde ’n slaai net omdat dit volgens voorskrifte en gesondheidsreëls daar hoort. Dit moet ’n lekker kuierbord wees wat die smaakbekertjies behoorlik aan die gang kry.

      Lees verder →

    • Sleep die pot nader

      Ek is mos heeltemal bredie-bedinges. Winter en somer. Dis my trooskos. Elke keer wanneer die wêreld skeeloog na my kant toe kyk, sleep ek my groen ysterpot nader en skep ’n bredie wat die hart weer laat sing. Die Joodse mammas kan maar hul hoendersoppies hou – my bredies is ’n penisillien wat hart en lyf heel.

      Lees verder →

    • Hoender-en-moutbier-bredie

      Hierdie hoenderbredie met sy diep, ryk fluweelsous is trooskos op sy beste. Beter as enige Joodse mamma se hoendersop. Dis penisillien vir hart en siel.

      Lees verder →

    • Of music and memories

      On a quiet Sunday afternoon I went with a friend and her mother to a choir recital in the St George’s Cathedral. I did not think twice before accepting their invitation – I love, love, love their company and I have always been a fan of conductor Richard Cock.

      Lees verder →

    • Moussaka for my dad

      A touch of cinnamon takes as ordinary moussaka to a new level — it is then when an ordinary weekday meal turns into a delectable dish. Serve it on its own or as part of a lavish Mediterranean feast.

      Lees verder →

    • Page 9 of 14
    • Onlangse inskrywings

      • Sonsoekers en perdeblombrood
      • Louisiana Hot Sauce
      • Eureka Mills se vetkoek-mengsel
      • Marmite-koek vir die onthou
      • Ouma se Oornag-rosyntjiebrood
    • English recipes

      Click here to view English recipes.
    • Kombuiswenke

      Klik hier vir Karen se Kombuiswenke

© Karen Hart & Toorkombuis 2026 Alle Regte Voorbehou. Geskep deur Lightspeed Digital Media.

http://toorkombuis.co.za/wp-content/themes/handmade-two