Sonsoekers en perdeblombrood
Ek en Bliksem, my gemmerkat, het hierdie week rustig sonkolletjies gesoek agter ‘n bietjie warmte aan. Ek het sit en lees, baklei teen ‘n dreigende verkoue/griep, en Bliksem het in die lang gras die molle, eekhorinkies en tarentale bekruip of hier vanuit my leesstoel, wat hy vir homself ingepalm het, lê en bespied. Ek het maar gedwee een van die sitkamerstoele gaan haal. Die naweek, en die week wat volg, is volgepak met bestellings – my sjokoladekoek vir ‘n teeparty, ‘n ligpienk koek met blomme, vlinders en feetjies vir ‘n kinderpartytjie en hope en hope Romany Creams, Chockits