Toorkombuis

Proe die betowering
  • Tuis
  • Blog
  • Resepte
  • English
  • winkelrak
  • Karen Hart
  • Kontak
    • Drama op Leeukop

      Ek onthou nog baie goed toe ek die eerste keer die koekies gebak het.

      Dit was ’n Sondagoggend. Ek het soos gewoonlik vroeg opgestaan, vir klein Cleo en die tarentale kos gegee, vir Penelope Pou en haar kuikens bloubessies gevoer en met die bedremmelde poumannetjie, Percy, wat toe ernstig begin vere verloor, gesels om sy selfbeeld bietjie op te kikker.

      Lees verder →

    • Hoogsomer in Woodstock

      Hoogsomer. Windloos… (Hoor hoe kraak kneukels soos ek vingers kruis – jy moet net te hard van hom praat en die suidoos steek weer op.)

      Die nagte is soel met ’n byna sweterige sensualiteit. In die Woodstock staan al die frangipanibome swaar van blom en ek proe die son in die adamsvye wat ek van my boom af eet. Maar so tussen die byna oorweldigende soet en klewerige hitte, bly ek soek na iets souts.

      Lees verder →

    • ’n Fiktiewe kennis

      As daar nou een boekkarakter is wat ek so goed ken en verstaan asof ek haar self geskep het, is dit Jasmine March in Nina Killham se How to Cook a Tart. Dis ’n heerlike, skreeusnaakse boek wat ek bloot oor die titel gekoop het en nou een van die voosgeleesde gunstelinge op my rak is.

      Lees verder →

    • Op die vlerke van heimwee

      Vandag, op pad huis toe van die winkels af, sien ek daar op die sypaadjie ’n vrou wat duiwe voer. In haar ligpienk sweetpak het sy daar gekniel terwyl die voëls om haar en bokant haar gefladder het. En ’n vreeslike heimwee het net daar van my besit geneem…

      Lees verder →

    • Romany Creams, kwantum-fisika en betowering

      Romany Creams het my lewe oorgeneem. Baie oggende staan ek vieruur reeds voor die stoof en bak. Dikwels is ek laataand nog besig om die molshopies in sjokolade te doop. Wanneer jy in die oprit voor my huis in Rhodes se laan intrek, ruik jy dit al – die soet van suiwer kakao, klapper en gesmelte Lindtsjokolade.

      Lees verder →

    • Page 6 of 6
    • Onlangse inskrywings

      • Sonsoekers en perdeblombrood
      • Louisiana Hot Sauce
      • Eureka Mills se vetkoek-mengsel
      • Marmite-koek vir die onthou
      • Ouma se Oornag-rosyntjiebrood
    • English recipes

      Click here to view English recipes.
    • Kombuiswenke

      Klik hier vir Karen se Kombuiswenke

© Karen Hart & Toorkombuis 2026 Alle Regte Voorbehou. Geskep deur Lightspeed Digital Media.

https://toorkombuis.co.za/wp-content/themes/handmade-two