Kleine Cleo is nie ’n skootsitnommertjie nie. Sy is ’n opstêrs feeks van ’n kat wat g’n toenadering duld nie, ’n hardkoppige klein klits wat geen rede verstaan nie. Maar saans, as ons twee alleen is, word sy sag soos malvalekker. Dis dan wanneer sy op my hart kom lê en my met haar voorpootjies omhels. En ek weet – hierdie klein heksekind met haar groot groen oë het soos my asemhaal geword, onlosmaaklik deel van my.
Hier met die dae rondom Erfenisdag kan ’n mens nie anders as om diep te dink oor die dinge wat jou die mens gemaak het wat jy is nie. Dis hoekom ek juis nou wil hulde bring aan my kombuis.
Verlede Saterdag was ’n baie spesiale markdag. Nie oor die verkope of ’n noemenswaardige wins nie, nee, daarvoor was die mark maar aan die stil kant. My kamermaat as eerstejaar op universiteit het besluit om my saam met haar mooi dogter by die mark te kom verras.
Een van die grootste lewenslesse vir my was die besef dat jy nie na willekeur besluit wanneer jy genoeg gedoen het om iemand te help nie. Ek het die kleine Cleo-kat uit die bosse ingeneem nadat sy lank swaargekry het by ’n Alzheimer-lyer en ’n opeenvolging van oppassers wat sonder toesig hul pasiënt en haar diere verwaarloos en stief behandel het.
Ek is nie baie lief vir roomys nie. Ek hou van yssuigstokkies, ja, veral dié wat van vars vrugtesap gemaak is. Daardie knewel van ’n grenadella-yssuigstokkie met die pitjies so ingeryg in die goudgeel ys is vir my die lekkerste lekker.
Saterdag was ’n holderstebolder-dag. Ek het, soos gewoonlik, half-vier opgestaan om te bak vir my stalletjie by die mark, maar so tussendeur moes ek ’n krat pak met kombuisgereedskap. Want in ’n oomblik van waansin het ek ingestem om by die mark aan ’n kookkompetisie deel te neem.
En toe Maswazi sewe-uur inklok om te help, is hy ewe druipstert. Hy kan nie by die stalletjie help terwyl ek kook nie, want hy moet vroeg by die restaurant inval. Ek vra toe maar vir Karen-van-die-heuning en Henry-van-die-neute om ’n oog oor my stalletjie te hou.
I’ve been married three times. With every divorce I managed to salvage my books, plants and animals from the wreckage that once was a grand love affair.
Fortunately there were no children. It was a blessing to know that I’m not responsible for sending damaged goods to a therapists couch, but it also left me without a family of my own. My mom come to visit often enough and I see my brother and sister, but they have their own lives, their own families.
Ek het nie met varkvleis grootgeword nie. My ma het dit nooit vir ons voorgesit nie, behalwe miskien vir so ‘n verdwaalde varkworsie af en toe. En spek, natuurlik.
In my oupa se huis op Prins Albert is die driegangmiddagmaal, elke dag, met die slag van die koperghong aangekondig. Die tafel was altyd gedek. ‘n Gestyselde wit tafeldoek onder ‘n deursigtige plastiekkleedjie met die mooiste patrone waaraan ek my kleintyd kon verstom. Die gestyfde wit servette het soos soldate op aandag gestaan.
Ek neem baie swaar afskeid. Ek sukkel om finaal totsiens te sê vir geliefdes – mens en dier – wat ek aan die dood afgestaan het. My huis is vol klein altaartjies wat vir die afgestorwenes opgerig is (as jy nie weet waarvoor om te kyk nie, sal jy dit nie sommer raaksien nie – so mal is ek darem nou nie regtig nie!)
“Chocolate brownies” is so deel van die Amerikaanse kultuur soos die 4de Julie. Volgens die een storie het die lekkerny sy ontstaan gehad toe ’n vergeetagtige kok nagelaat het om bakpoeier by diebakmengsel te gooi.