‘n Maandagskind gebore onder die sterreteken Vis — tegelyk ‘n straf én ‘n seën. Want dit beteken dat ek na ‘n leeftyd van eweveel vreugdes en ontnugterings steeds in sprokies glo.
My hart is ‘n bietjie seer en ek rou. Maar dis ‘n oop wond en skoon, nie ‘n etterige affêre wat sweer en kloppend dreig om in ‘n vulkaan van vuil oop te bars nie.
My Nuwejaarsreis het begin met ‘n eksotiese kombinasie van kerrie en frangipani. Die kerrie was nie outentiek Indies nie, maar die frangipani so reg uit die tempels van Indië en Sri Lanka.
Hier aan die suidpunt van Afrika bly ons hoogsomer nog foeter met die verlange na ‘n wit Kersfees.
Ek het hulle ook by die mark leer ken. Soms op ‘n Saterdag het hulle lekker informeel daar kom rondslenter, twee manne in hul middeljare –
Sy was een van my eerste kombuishekse. Ek het haar by my dierbare kluisenaarsvriend gekry.
Ek glimlag altyd wanneer ek sien hoeveel mense probeer pa-staan vir hierdie resep. Maar die waarheid is – dis so oud soos die kookkuns van Europa en het waarskynlik die tafels laat kreun nog lank voor Onse Jan met sy drie armsalige skuitjies hier in die skadu van die berg kom anker gooi het.
Dit het alles begin as ʼn grappie. Heel moontlik het die uitreiking van die nuwe weergawe van die rolprent Sabrina my pa weer laat onthou. Hy was dol oor die oue met Audrey Hepburn, maar het gou voor Julia Ormond geswig.
Die skok en hartseer ná Cleo se dood was erg. Niks kon my voorberei op die groot, swart gat nie.
Ek vrek oor kookboeke — en ek het letterlik duisende van die goed. Maar dit maak nie saak hoe vinnig hulle aanwas nie — ek onthou die storie agter elkeen, waar elkeen vandaan kom en wat of wie my geinspireer het om dit te koop (of by wie ek dit present gekry het!