‘n Vroeë Kersgeskenk .. . Nog ongebind maar klaar gedruk. Die res, die voltooide simfonietjies, is op ‘n boot op pad hierheen van Maleisië af en middel-Januarie pryk hulle op die winkelrakke.
In die vroeë oggendure het dit hier by my soos Soutrivierstasie met spitstyd gelyk. Waarskynlik gaan dit elke nanag so wanneer ek die laaste lekker slaap inkry.
Vrydag is ‘n deurmekaar dag hier in die Toorkombuis. Dis wanneer die groot opbou na markdag begin.
Ek durf nie Vrouedag vir myself toe-eien nie – daarvoor het ek te veel respek vir die vroue wat jare gelede aan die protesoptog by die Uniegebou deelgeneem het in ‘n dapper poging om ‘n einde aan die onreg te maak.
Ons gesels dik stukke so oor die mengbakke en tussen die warm oonde in my klein kombuisie vasgevang. Veral noudat Jason, die nuwe baas van The Stud Bar, Maswazi se potensiaal raakgesien en hom assistent-sjef gemaak het. Sulke gemeenskaplike sjef-tot-sjef geselsies. Hy vertel my al die stories van die kombuis daar.
Ek het besluit ek gaan nie vandag hartseer wees nie. Hierdie Vadersdag gaan ek my verlange vier deur hier diep in my binneste saam met my pa te giggel.
Vandag voel vir my soos ‘n propperse dankseggingsdag. Eintlik wou ek so ‘n bietjie bene in die lug gelê en die gevoel behoorlik laat insink het. Maar voor ek my kon kry, bring ek offerandes in die kombuis terwyl ek Callas afwissel met Netrebko en Villazón.
Die wêreld daar buite is baie hard en wreed.
Ek het nog nie baie oor die liewe Sjef Sagrys geskryf nie. Dis eintlik oor ek so ‘n bietjie bang is dat ek soos ‘n betottelde katma almal doodverveel met honderde inskrywings oor die slimste en mooiste kat in die wêreld.
Vir enigeen wat ‘n passie vir kos en kook het, is hierdie paradys-tyd. Honderde kos-tydskrifte, kookboeke, die internet met sy bloggers en blaaie en ‘n hele klompie TV-kanale wat uitsluitlik daarop gemik is om hierdie honger te voed.