Ek is nie regtig ‘n ontbyt-mens nie. Gee vir my ‘n paar lekker koppies koffie en ek is doodgelukkig. Eers hier teen elfuur begin my lyf vra na meer.
Ek was eerstejaar en Dingetjie vierdejaar toe ek in dieselfde universiteitskoshuis as sy beland het. Sy was pragtig – heuplengte blonde hare, klein, fyn en petite, met rondings op al die regte plekke. Sy het nie juis ‘n tekort aan manlike bewonderaars gehad nie en was feitlik elke aand saam met ‘n ander ou uit.
Ek het grootgeword met winkelkerriepoeier.
Dit was ‘n doodgewone dag in die lewe van klein Anthony di Stasio.
Eendag as ek groot is . . . gaan ek bak vir ‘n tafel by die mark. So het ek gedroom. Selfs ná ek vyftig geword het – en na jare van kook en bak, het ek soos ‘n klein dogtertjie gevoel wat per ongeluk in haar ma se kombuis beland het. En steeds gedroom van eendag . . .
Die tydskrif, Lig, het my gevra om oor my liefde vir kook te skryf vir hul Valentynsuitgawe, Februarie 2015. Hier is my liefdesbrief aan my Toorkombuis.
Hoogsomer is ‘n geil oordaad van vrugte. En as daar nou een vrug is wat my somer en son laat ruik en proe, is dit mango’s.
Ná rolprente soos Babe en Charlotte’s Web sê ek elke keer ‘n stille gebedjie op wanneer ek met varkvleis werk.
Ek onthou die suurdeegbeskuite wat ons kleintyd saam met oggendkoffie aan my ouma se blougeverfde geelhouttafel (!!!!) in die kombuis langs die ou houtstoof sit en eet het.
My ma hou van ‘n stukkie growwe beskuit in die oggend. Dan hoef sy nie tot ontbyt te wag om haar pille weg te sluk nie. Wanneer sy by haar huis is, koop sy sommer ‘n pakkie by die tuisnywerheid. Maar wanneer sy hier by my kom kuier, sorg ek dat ek ‘n baksel van haar gunsteling in die oond het.