Toorkombuis

Proe die betowering
  • Tuis
  • Blog
  • Resepte
  • English
  • winkelrak
  • Karen Hart
  • Kontak
    • ‘n Wrap vir die somer – hoender-in-‘n-baadjie

      Niks spel vir my só somer soos ‘n lekker wrap nie. So ‘n maaltyd-in-die-hand laat jou dink aan sambreelkos op sonnige strande of iets piekniekerigs onder koeltebome. Dis ook pure lekkerte op die tafel en lekker vinnig en maklik om te maak na ‘n lang en warm werksdag.

      Lees verder →

    • Dis die wind wat waai

      Die wind waai woes hier in Woodstock. Die Suidooster is deel van die Kaap, ja, maar hier by ons, voel ons sy woede soveel erger. Dis asof Tafelberg van die lastige keffertjie wat hier aan sy regter-skeen hap, wil ontslae raak en met bolwange blaas om hom die see in te jaag. Na drie dae en drie bangmaak-nagte lyk dit darem asof hy nou tot bedaring gekom het.

      Lees verder →

    • Dankie, Bella, vir gemmerkoekie-oomblikke

      Kook en bak is harde werk. Dis vroeg opstaan, ure lank op jou voete en winter en somer tussen twee warm oonde vasgevang. Baiekeer, wanneer ek saans doodmoeg neerval, wonder ek of dit regtig die moeite werd is.

      Dan is dit daardie gemmerkoekie-oomblikke wat my tevrede laat sug en in ‘n diepe slaap sink . . .

      Lees verder →

    • Die knusse koestering van rooi

      Die sneeu lê wit bo-op Tafelberg en die wind sny snerpend hier om my huisie wat onder teen die hange hurk. Dis dan wanneer ek die warmte van rooi soek – die helder uitdagende rooi van die halfmas-handskoene wat die vrou met die sagte, warm hart vir my gebrei het.

      Lees verder →

    • Maswazi se Tafelberg-potjie

      Sommige dae gaan dit maar rof hier in die Toorkombuis, veral wanneer ons vir ‘n groot bestelling moet bak of voorberei vir Saterdae se markte. Dan moet ek mooi dink wat ek vir ons vir middagete gaan voorsit – iets wat vinnig en maklik is, lekker vullend is en in almal se smaak val.

      Lees verder →

    • Oor Sondagblou en dankbaarheid

      My Sondae was vir jare lank gekleur in skakerings van blou wat gewissel het van ‘n hemelse kleur op ‘n goeie dag tot ‘n donkerpers, byna swart, wanneer die Sondagsomberheid my nou behoorlik beet het. 

      Lees verder →

    • ‘n Uielelie vir die donderdrukte

      Wanneer die wolke dreigend saampak, maar die reën wegbly en die drukkende hitte jou wil verswelg, is hierdie uielelie net die regte medisyne.

      Lees verder →

    • Toor Met Hoender-kompetisie met Radio Kaapse Kansel

      Haal diep asem. As jy ‘n bietjie te laat ingeskakel het en net die helfte van die resep gehoor het, kan jy sommer hier kyk. Maak die resep, neem ‘n foto daarvan en plaas dit op Radio Kansel se Facebook-blad.

      Lees verder →

    • Sinkbaddens vol soet

      Ek het nie eintlik ‘n soettand nie. Ek is ook nie regtig ‘n koek-en-tee mens nie. En oor poeding is ek min gepla.

      Lees verder →

    • ‘n Toormengsel vir by-wees en voluit lewe

      Kleintyd het ek saam met maats in ‘n weikamp gespeel. My voet het aan ‘n stuk bloudraad, die onderste deel van die draadheining, vasgehaak en ek het myself wind-uit geval. Dit het ‘n goeie 52 jaar gelede gebeur, maar ek sal daardie gevoel nooit vergeet nie.

      Lees verder →

    • Page 2 of 8
    • Onlangse inskrywings

      • Sonsoekers en perdeblombrood
      • Louisiana Hot Sauce
      • Eureka Mills se vetkoek-mengsel
      • Marmite-koek vir die onthou
      • Ouma se Oornag-rosyntjiebrood
    • English recipes

      Click here to view English recipes.
    • Kombuiswenke

      Klik hier vir Karen se Kombuiswenke

© Karen Hart & Toorkombuis 2026 Alle Regte Voorbehou. Geskep deur Lightspeed Digital Media.

https://toorkombuis.co.za/wp-content/themes/handmade-two