Ek het besluit ek gaan nie vandag hartseer wees nie. Hierdie Vadersdag gaan ek my verlange vier deur hier diep in my binneste saam met my pa te giggel.
Vandag voel vir my soos ‘n propperse dankseggingsdag. Eintlik wou ek so ‘n bietjie bene in die lug gelê en die gevoel behoorlik laat insink het. Maar voor ek my kon kry, bring ek offerandes in die kombuis terwyl ek Callas afwissel met Netrebko en Villazón.
Vir enigeen wat ‘n passie vir kos en kook het, is hierdie paradys-tyd. Honderde kos-tydskrifte, kookboeke, die internet met sy bloggers en blaaie en ‘n hele klompie TV-kanale wat uitsluitlik daarop gemik is om hierdie honger te voed.
My Nuwejaarsreis het begin met ‘n eksotiese kombinasie van kerrie en frangipani. Die kerrie was nie outentiek Indies nie, maar die frangipani so reg uit die tempels van Indië en Sri Lanka.
Hier aan die suidpunt van Afrika bly ons hoogsomer nog foeter met die verlange na ‘n wit Kersfees.
Ek glimlag altyd wanneer ek sien hoeveel mense probeer pa-staan vir hierdie resep. Maar die waarheid is – dis so oud soos die kookkuns van Europa en het waarskynlik die tafels laat kreun nog lank voor Onse Jan met sy drie armsalige skuitjies hier in die skadu van die berg kom anker gooi het.
Dit het alles begin as ʼn grappie. Heel moontlik het die uitreiking van die nuwe weergawe van die rolprent Sabrina my pa weer laat onthou. Hy was dol oor die oue met Audrey Hepburn, maar het gou voor Julia Ormond geswig.
Hier in my kombuis vind ek troos. Wanneer my hart in duisend stukkies breek, trek ek my groen ysterpot nader en stort al my hartseer uit in ‘n bredie of ‘n sop.
Wanneer ek aan ertjiesop dink, onthou ek laatnagte kuier van my jongdae. Sommer heelnag deur. En dan, in die vroeë oggendure, as die hongerpyne begin knaag, was die lekkerste lekker daai bakkie ertjiesop by die deurnag-kuierplek in Langstraat.
I love avocado – the texture, the taste, the versatility. And to me the ultimate comfort food is a mega sandwich of soft white bread with heaps of avo, slices of boiled egg, chopped tomato, salt and freshly ground pepper.