Toorkombuis

Proe die betowering
  • Tuis
  • Blog
  • Resepte
  • English
  • winkelrak
  • Karen Hart
  • Kontak
    • Hoogsomer in Woodstock

      Hoogsomer. Windloos… (Hoor hoe kraak kneukels soos ek vingers kruis – jy moet net te hard van hom praat en die suidoos steek weer op.)

      Die nagte is soel met ’n byna sweterige sensualiteit. In die Woodstock staan al die frangipanibome swaar van blom en ek proe die son in die adamsvye wat ek van my boom af eet. Maar so tussen die byna oorweldigende soet en klewerige hitte, bly ek soek na iets souts.

      Lees verder →

    • ’n Fiktiewe kennis

      As daar nou een boekkarakter is wat ek so goed ken en verstaan asof ek haar self geskep het, is dit Jasmine March in Nina Killham se How to Cook a Tart. Dis ’n heerlike, skreeusnaakse boek wat ek bloot oor die titel gekoop het en nou een van die voosgeleesde gunstelinge op my rak is.

      Lees verder →

    • Biltongmuffins

      Kies jy sout bo soet? Dan is hierdie die ideale happie vir jou. Dis vinnig en maklik om te maak. Soos met enige ander muffin, roer jy net die bestanddele deurmekaar, skep in pannetjies en bak tjoef-tjaf.

      Lees verder →

    • Op die vlerke van heimwee

      Vandag, op pad huis toe van die winkels af, sien ek daar op die sypaadjie ’n vrou wat duiwe voer. In haar ligpienk sweetpak het sy daar gekniel terwyl die voëls om haar en bokant haar gefladder het. En ’n vreeslike heimwee het net daar van my besit geneem…

      Lees verder →

    • Noenmaalrolletjies

      Kroek lekker met hierdie rolletjies. Die vonkelwyn in die resep laat dit soos tipiese suurdeeggebak proe. Dis eintlik ‘n variasie op die tema van die Sprite-skons wat al jare gelede al ‘n staatmaker in elke voorstedelike huisvrou se reseptelegger geword het.

      Die resep is van buurvrou na buurvrou oor die heining gedeel en na elke teepartytjie is pen en papier nadergetrek om die handige ou reseppie neer te skryf. Hierdie variasie met die vonkel is heerlik lig en ‘n ideale pasmaat saam met ‘n fynproewersmaal.

      Lees verder →

    • Kerriepoeier met ietsie ekstra

      As jy eers die kuns verstaan om jou eie speserymengsels vars te maal, sal jy gou agterkom jy het nie veel meer nodig nie. En ek praat nou hier van kuns, maar dis glad nie moeilik nie. Skaf net vir jou ‘n speserymeultjie aan.

      As jy nie een kan kry nie, koop ‘n tweede koffiemeultjie en gebruik hierdie een net vir jou speserye. Moenie die een wat jy vir jou koffiebone gebruilk, vir jou speserye gebruik nie. Jou koffie gaan na speserye smaak en jy gaan beslis ‘n koffiegeurtjie in jou speserye optel.

      Lees verder →

    • Broskoekies met laventel en roosmaryn

      Hierdie heerlike broskoekies (shortbread), met die regte laventelblommetjies (of roosmaryntakkies) gegeur, is vreeslik Europees… vreeslik Frans!

      Dis baie maklik om te bak, net, soos met alle kleinkoekies, bietjie tydrowend om die ou goedjies netjies op die bakplate te kry. Maar dis heerlik terapeuties.

      Lees verder →

    • Brownies vir die roomys

      ‘n Mens vertaal maar swaar aan brownies en die naaste wat jy daaraan kan kom in Afrikaans is seker bruintjies. Maar dit lê maar swaar op die tong. Dié lekkerny is vinnig besig om kolwyntjies te onttroon as die nuwe gier onder die wispelturige mode-eters.

      Saam met roomys as ‘n dekadente nagereg, ‘n bederfie saam met ‘n koppie tee of sommer net so – net omdat jy kan. Maar die groot geheim van ‘n goeie brownie is om ‘n goeie sjokolade en die beste kakaopoeier te gebruik.

      Lees verder →

    • Suurlemoen Meringue

      As jy al klaar jou lippe aflek vir die kondensmelkweergawe van ‘n suurlemoenmeringue, kan jy maar verbyblaai. Hierdie resep is nie vir jou nie. Die lekkerte van hierdie een is die skielike sitrus-skok wanneer jy deur die soet meringue byt.

      Jy kan die gewone grootte (20 cm) maak, maar hierdie kleiner tertjies is so elegant en oulik vir die teetafel, selfs vir ‘n heerlik nagereg. Moenie kortpad kies nie – volg die metode vir die tertdoppies noukeurig en jy sal nie sukkel met tertdoppies wat windskeef trek of halfgaar onder die meringue skuil nie.

      Lees verder →

    • Malvalekkers

      Niks kom by tuisgemaakte malvalekkers nie. Dis ’n liefdesfees op sy eie.

      Lewer ongeveer 48 blokkies (afhangende van die grootte). 

      Lees verder →

    • Page 13 of 14
    • Onlangse inskrywings

      • Sonsoekers en perdeblombrood
      • Louisiana Hot Sauce
      • Eureka Mills se vetkoek-mengsel
      • Marmite-koek vir die onthou
      • Ouma se Oornag-rosyntjiebrood
    • English recipes

      Click here to view English recipes.
    • Kombuiswenke

      Klik hier vir Karen se Kombuiswenke

© Karen Hart & Toorkombuis 2026 Alle Regte Voorbehou. Geskep deur Lightspeed Digital Media.

http://toorkombuis.co.za/wp-content/themes/handmade-two