Toorkombuis

Proe die betowering
  • Tuis
  • Blog
  • Resepte
  • English
  • winkelrak
  • Karen Hart
  • Kontak
    • Beskuit vir ‘n blitsontbyt

      Ek onthou die suurdeegbeskuite wat ons kleintyd saam met oggendkoffie aan my ouma se blougeverfde geelhouttafel (!!!!) in die kombuis langs die ou houtstoof sit en eet het.

      Lees verder →

    • Romany creams – my resep

      My Romany Creams is pure betowering. Ek deel graag die resep – dis my nalatenskap. Maar wees gewaarsku: die gebruik van hierdie resep kom met ‘n voorwaarde en verantwoordelikheid.

      Lees verder →

    • My Home-made Lemon Syrup

      This is the closest you’ll get to that wonderful syrup barmen uses to make mojitos. Now you can have your own virgin mojito (without the alcohol) at home. Or you can go all the way and enjoy the mojito in its full alcoholic glory. By the way, children also love this refreshing lemon drink and there is something so immensely satisfying in making your own lemon concentrate.

      Lees verder →

    • Gemarineerde sampioene

      Ek het grootgeword met geblikte aspersies en blikkiesampioene.En daai tyd was dit groot bederf. As jy ’n sampioen met jou vurk raakgesteek het in een van my ma se konkoksies, het jy gedink dis Krismis.

      Lees verder →

    • Paprikahoender in moutbier en lemoen

      Jy hoef nie aan towerhekse of feëverhale te glo nie en jy kan met ‘n wetenskaplike oog na die kombuis en alles wat daar gemaak word kyk – maar selfs dan sal jy swig voor die betowering van hierdie dis.

      Lees verder →

    • Orgasmic pasta sauce

      The recipe is quite simple, the ingredients very ordinary, but I dare you to find any ready-made pasta sauce on the supermarket shelf that comes even close in taste.

      Lees verder →

    • Lemon and Thyme chicken bake

      This recipe for my one dish Lemon and Thyme Chicken Bake does not feature ginger, but it certainly delivers on taste.

      Lees verder →

    • Grilled potato & feta salad

      Potato salad is always a favourite. But maybe it is time for a bit of variety and try something new, something so summery and perfect for a picnic or a braai.

      Lees verder →

    • Jack se koek

      Moenie hierdie koek sommerso afskryf as doodgewoon nie. Die heerlike kombinasie van bourbon whisky, donkersjokolade en neute skep saam ‘n onvergeetlike smaaksensasie. Die bestanddele is ‘n bietjie aan die duur kant, maar dit maak enige geleentheid net soveel meer spesiaal.

      Lees verder →

    • Maaskaas-“koek” met tamatie salsa

      Dit is altyd lekker om ’n geheime resep te hê waarmee jy jou mense kan verras en hulle met nuwe oë na jou te laat kyk. En die lekkerte van hierdie resep is dat dit eintlik so eenvoudig en so maklik is! Koop net ’n lekker brood by ’n goeie bakkery of bak jou eie om daarmee saam te bedien.

      Genoeg vir 4

      Jy het nodig

      Vir die maaskaas-“koek”

      2½ koppies gladde maaskaas
      2 teelepels vars gekapte roosmaryn
      13 calamata olywe, ontpit en gekap
      2 eetlepels gerasperde parmesaankaas
      1 eier

      Vir die tamatie salsa

      2 ryprooi tamaties, geskil en gekap
      ½ rooiui, fyngekap
      7 groot basiliekruidblare, fyn gesnipper
      ’n handvol platblaarpietersielie, fyngekap
      1 teelepel balsamiese asyn
      2 eetlepels eerste pers olyfolie
      Sout en varsgemaalde swartpeper

      Só maak mens

      Klits die maaskaas in ’n groterige mengbak totdat dit gladder en meer hanteerbaar is. Voeg die roosmaryn, olywe, parmesaan en eier by en meng goed. Smeer ’n 20 cm losboom koekpan en voer met bakpapier. Plaas die koekpan op ’n bakplaat (jy wil nie die kaasmengsel in die oond laat drup nie). Skep die mengsel in die koekpan. Bak vir 35 – 40 minute in ’n voorverhitte oond van 180˚C of totdat dit ferm en ’n effense liggoud kleur het. Laat heeltemal afkoel.

      Vir die salsa: Meng die gekapte tamaties in ’n mengbak saam met die ui, basiliekruid en platblaarpietersielie. Meng die asyn en olie in ’n klen bakkie en giet oor die tamatiemengsel. Plaas die “koek” op ’n koekbord en skep die salsa bo-op. Geur met sout en peper na smaak. Of jy kan die salsa eenkant in ’n bakkie bedien en afsonderlik op elk porsie skep. Sodoende sal die “koek” nie sopperig word as julle nie alles in een sitting kan opeet nie en dit vir later vir hou.

      Lees verder →

    • Page 5 of 8
    • Onlangse inskrywings

      • Sonsoekers en perdeblombrood
      • Louisiana Hot Sauce
      • Eureka Mills se vetkoek-mengsel
      • Marmite-koek vir die onthou
      • Ouma se Oornag-rosyntjiebrood
    • English recipes

      Click here to view English recipes.
    • Kombuiswenke

      Klik hier vir Karen se Kombuiswenke

© Karen Hart & Toorkombuis 2026 Alle Regte Voorbehou. Geskep deur Lightspeed Digital Media.

https://toorkombuis.co.za/wp-content/themes/handmade-two