Die Franse noem dit poule au pot en dit het alles begin by die goeie koning Hendrik die Vierde. Hy het bepaal dat al sy onderdane ten minste een keer ’n week – verkieslik Sondae — ’n pot hoender en groente op die stoof moet hê.
Vir hierdie Karookind moet ’n slaai werlik verleidelik wees om my van die vleispotte weg te lok. En vir my eie tafel maak ek selde ’n slaai net omdat dit volgens voorskrifte en gesondheidsreëls daar hoort. Dit moet ’n lekker kuierbord wees wat die smaakbekertjies behoorlik aan die gang kry.
Hierdie hoenderbredie met sy diep, ryk fluweelsous is trooskos op sy beste. Beter as enige Joodse mamma se hoendersop. Dis penisillien vir hart en siel.
Jy sal nooit weer na enige ander tamatiesopresep kyk as jy eers hierdie een geproe het nie. En as jy een van daardie vitterige mense is wat glo sop hoort net op ‘n winterspyskaart, kan jy jou hieraan troos – dis ewe lekker warm en koud.
Suurlemoen en roosmaryn, gemaalde amandels… en ‘n heerlike stropie. Dit is waaroor hierdie koek eintlik gaan. Die tikkie suur en die ongewone teenwoordheid van ‘n krui wat gewoonlik nie met soet geassosieer word nie, maak van hierdie lekkerny iets besonders.
Ervaar die ryke betowering en ongelooflike geurespel van hierdie heerlike heellamskenkelskottel. ‘n Kombinasie van tiemie en lemoen laat die smaakbekertjies rieldans van genot. Dis soos ouma dit gemaak het – net baie, baie lekkerder!
Moenie beet onderskat nie – dis glad nie net ‘n betroubare en doodgewone bykos nie. Die kombinasie van beet en sjokolade maak van hierdie koek iets besonders.
Min dinge kom by die geur van varsgebakte brood, maar nie almal sien kans vir ‘n geknie nie. Hierdie resep is so maklik – jy roer net die bestanddele by mekaar en laat staan vir ‘n halfuur.
’n Smullekker roomys vir dié van ons wat van ’n bietjie minder soet hou. Die smaak herinner nogal so ’n bietjie aan kaaskoek – yskoud en heerlik vir die warm dae wat voorlê.
Ek is baie lief vir bobotie. My mense ook. Maar ek het ‘n bietjie moeg geword om dit elke keer op dieselfde manier voor te sit. En met die kookkompetisie op hande, was dit tyd vir ‘n splinternuwe aanslag op ‘n ou treffer.
Genoeg vir 4.