Toorkombuis

Proe die betowering
  • Tuis
  • Blog
  • Resepte
  • English
  • winkelrak
  • Karen Hart
  • Kontak
    • Skuus, George Clooney!

      Ná rolprente soos Babe en Charlotte’s Web sê ek elke keer ‘n stille gebedjie op wanneer ek met varkvleis werk.

      Lees verder →

    • My lang geskiedenis met beskuit

      My ma hou van ‘n stukkie growwe beskuit in die oggend. Dan hoef sy nie tot ontbyt te wag om haar pille weg te sluk nie. Wanneer sy by haar huis is, koop sy sommer ‘n pakkie by die tuisnywerheid. Maar wanneer sy hier by my kom kuier, sorg ek dat ek ‘n baksel van haar gunsteling in die oond het.

      Lees verder →

    • Toor met klapper en sjokolade

      Romany CreamsRomany Creams het my lewe oorgeneem. Wanneer jy in die oprit voor my huis in Rhodes se laan intrek, ruik jy dit al – die soet van suiwer kakao, klapper en gesmelte Lindtsjokolade.

      Lees verder →

    • My life with Maswazi

      On Saturday morning I got up at 3.33 as I usually do to prepare for the market. I intentionally set the alarm for 3.33, finding a little comfort in the magic of numbers to make up for the lost sleep. This is what I do every Saturday morning. I make myself a cup of coffee and then the baking starts. And every Saturday morning, at seven, I hear the gate open and Maswazi coming up the stairs to help me.

      Lees verder →

    • Hier in my toorkombuis…

      Saterdagoggende by die mark is my lekkerste geselstyd. Nadat ek my tafel mooi uitgepak het op my pienk strepiestafeldoek by The Market at The Palms in Woodstock, trek ek my voorskoot mooi reg sodat die mense die naam daarop, Toorkombuis, mooi kan lees.

      Lees verder →

    • These are a few of my favourite things…

      I really have nothing to complain about – I’ve led a very interesting and colourful life. Three marriages and four very different careers (teacher, book editor, entertainment journalist and, finally, food writer and cook.

      Lees verder →

    • Om die rollie self te swaai

      Ek was jare lank ’n blaar uitgelewer aan die wind – nie ’n gedartel op ’n ligte briesie nie, maar ’n dolle waansindans in die verskriklike suidoos Totdat ek op ’n mooi dag besluit het ek het lank genoeg slagoffer gespeel…

      Dit laat my met ’n glimlag terugdink aan kleintyd toe ek en my broer saam met ons maats cowboys en kroeks op die Karookoppie in ons agterplaas gespeel het. Lekker tye, ja, maar ek moes altyd die meisie wees wat in die bank gewerk het en òf oor die kop geslaan òf ontvoer is deur ’n skarminkel van ’n bakrower.

      Totdat ek op ’n dag my voet neergesit en gesê het: “Aikôna! Ek wil ook ’n rollie swaai en die rowers op hul jis gee.”

      En dis nou presies wat ek met die lewe gedoen het… ek het gekies om nie langer oor die kop geslaan te word nie maar self die rollie te swaai.

      Hierdie Jack Daniels-koek is vir mense wat omdraai en die lewe terugbliksem. Dis nogal ’n groot koek – jy kan maklik sestien mense daarmee voer. Dit was ’n vreeslike gespot onder die werksmense toe ek dit die eerste keer kantoor toe geneem het en die koek staan nou amptelik bekend as Karen’s PC Hip Flask. Nie dat ek sê jy het ’n heupflessie nodig om die lewe aan te vat nie – dis net een van daai koeke wat tong uitsteek vir die lewe.

      Want Jack is beslis nie ’n skaam outjie nie en met dié koek weet jy beslis hy is daar! Maar dis ’n ongelooflike smaak en die een bestanddeel vul die ander aan. Jack Daniels is ’n bourbon-tipe whiskey en is beter geskik vir bak as gewone whiskey. Dis bietjie duur, maar vir spesiale geleenthede kan jy maar so ’n bietjie oë toeknyp.

      Lees verder →

    • Sleep die pot nader

      Ek is mos heeltemal bredie-bedinges. Winter en somer. Dis my trooskos. Elke keer wanneer die wêreld skeeloog na my kant toe kyk, sleep ek my groen ysterpot nader en skep ’n bredie wat die hart weer laat sing. Die Joodse mammas kan maar hul hoendersoppies hou – my bredies is ’n penisillien wat hart en lyf heel.

      Lees verder →

    • Of music and memories

      On a quiet Sunday afternoon I went with a friend and her mother to a choir recital in the St George’s Cathedral. I did not think twice before accepting their invitation – I love, love, love their company and I have always been a fan of conductor Richard Cock.

      Lees verder →

    • ’n Trooskombers van rooi fluweel

      Hulle het haar La Stupenda (Die Verstommende Een) genoem en Joan Sutherland het lank die rekord gehou vir een van die langste staande ovasies in die geskiedenis van La Scala, een van dié operapaleise in die wêreld.

      Lees verder →

    • Page 4 of 6
    • Onlangse inskrywings

      • Sonsoekers en perdeblombrood
      • Louisiana Hot Sauce
      • Eureka Mills se vetkoek-mengsel
      • Marmite-koek vir die onthou
      • Ouma se Oornag-rosyntjiebrood
    • English recipes

      Click here to view English recipes.
    • Kombuiswenke

      Klik hier vir Karen se Kombuiswenke

© Karen Hart & Toorkombuis 2026 Alle Regte Voorbehou. Geskep deur Lightspeed Digital Media.

https://toorkombuis.co.za/wp-content/themes/handmade-two